Hansieweek 2011 reëlings skop af
Hierdie week het die reëlings vir die Mauritz Hansen Rugbyweek 2011 in alle erns afgeskop met uitnodigings wat gestuur is na die verskillende skole se organiseerders.
Die Mauritz Hansen Rugbyweek 2011 vind plaas van Dinsdag 29 Maart tot Saterdag 2 April 2011. Dit sal die 19e keer wees wat die Mauritz Hansen Rugbyweek sal plaasvind. Weens ‘n beperkte beskikbaarheid van goeie akkommodasie, sal daar slegs maksimum 72 spanne aan die toernooi kan deelneem. Dit bly steeds een van die Grootste skole rugbyweke in die Wêreld.
Spanne wat kan inskryf, is o/14-, o/15-, o/16-, 2de- en 1e-spanne.
Navrae kan gerig word aan Hoërskool Hans Strijdom by 014 743 1048, per e-pos aan karoi@goggaconnect.co.za of aan die Hooforganiseerder Rudolf de Vos by 083 453 9593.
Goeie dag,
My naam is Johan Bornman, ek is van Hoerskool Rob Ferreira.
Ek wil net graag weet of daar nog plek beskikbaar is by julle week.
Kan iemand my asseblief kontak en die nodige informasie stuur.
Baie dankie,
Johan Bornman
(083 670 6946)
borries@payrollwizz.co.za