Vrydag – af dag en voorbereiding

Vandag vind geen wedstryde plaas op die Mauritz Hansen rugbyweek nie. Die spanne berei voor vir die finale rondte wedstryde wat Saterdag 8h00 afskop. Die wedstrydbepalings is reeds op die webwerf en die uitslae van die vorige 2 dae se wedstryde ook.

Besoek ons webwerf Saterdag deur die dag – soos die wedstryde vorder word die uitslae en speler van die wedstryd opgedateer. Die speler van elke wedstryd kry ‘n rugbyhemp wat afgehaal word by ons “blog-stasie” en daar neem ons die foto’s wat ons van hulle plaas.

Kom na Naboomspruit en kom geniet Saterdag ‘n dag van skolerugby van hoogstaande gehalte. Daar is verversings en kos om die dag gemaklik te maak en daar is baie verblyf in die omgewing vir diegene wat van ver af moet ry.