Saterdag op die Mauritz Hansen rugbyweek
[liveblog]
Goeie more uit Naboomspruit, waar die eerste wedstryde aan die gang is op die laaste dag van die 19de Mauritz Hansen rugbyweek. Ons het al 80 wedstryde afgehandel!
Dit is halftyd en op die A-veld is dit Tuine se eerstespan wat voorloop 17-3 teen Gerrit Maritz. Die eindtellings en spelers van die wedstryd word op die “wedstryde en uitslae”-bladsy aangebring kort na die wedstryde voltooi is.
Aan die einde van die dag word ‘n Mauritz Hansen-span aangewys uit die beste speler in elke posisie deur die week – slegs eerstespanne.