Hond word geskenk aan SAPD vir Renoster bewaring

Retha van Rensburg van Fabi uitrusters het met die idee gekom om ‘n hond te skenk aan die SAPD om te dien as ‘n spesialis hond in die wildtuin vir Renosterbewaring.

Die insameling van fondse nodig vir die aankoop  van die hond gaan behartig word deur Fabi uitrusters wat ‘n gedeelte van hul verkope tydens die week se toernooi gaan skenk vir die doel.

Die SAPD gaan 20 honde bring wat tydens die openingseremonie betrokke gaan wees op 2 April 2013.  Hulle gaan ook tussen 18:00 en 18:30  ‘n demonstrasie lewer op die A veld.

Baie dankie aan Fabi uitrusters vir die wonderlike gebaar.