Hier is foto’s van die pryswenners van die 2012 Mauritz Hansen Rugbyweek.
Die kaptein van HTS Witbank se o/15-span ontvang die spangees-trofee van Mnr. George Klopper. Die span het meer as R2400 op eie inisiatief ingesamel vir renosterbewaring.
Mnr. Neels Venter, oud-afrigter van Transvalia ontvang die trofee vir 2de-span speler van die week namens Dudley Thomas van Transvalia. Mnr. George Klopper het die trofee oorhandig.
Du Preez van der Merwe van HTS Witbank ontvang die trofee as o/14-speler van die week van Mnr. George Klopper.
Brendan le Sar van HTS John Vorster ontvang die trofee as o/15-speler van die week van Mnr. George Klopper.
Conrad Engelbrecht van Hans Strijdom ontvang die o/16-speler van die week trofee van Mnr. George Klopper.
Maverick van der Merwe ontvang die trofee vir 1ste-span speler van die week van Mnr. George Klopper.
Mnr. Neels Venter, oud-afrigter van Transvalia ontvang die trofee vir die 2de-span wenners van die week van Mnr. Dirk Oosthuizen.
HTS Witbank se kaptein ontvang die trofee vir die o/14-span wenners van die week van Mnr. Marius Dickinson.
Die afrigters van Secunda se o/15-span, Mnre. Andries Labuschagne en Attie Rudolf ontvang die trofee vir o/15-span wenners van die week van Mnr. Mauritz Hansen.
Die kaptein van Florida se o/16-span ontvang die trofee vir die o/16-span wenners van die week van Mnr. Mauritz Hansen.
Overkruin se kaptein ontvang die trofee vir die 1ste-span wenners van die week van Mnr. Piet Pretorius, oud-Springbok van Hans Strijdom.