Woensdag 4 April 2012

[liveblog]

16 comments

  1. Willem says:

    Hi, Wat gebeur by die laerskool velde? Nog geen uitslae op die netwerk maar hulle is al besig met die derde rondte wedstryde.

    1. blaar says:

      Ons het nie radio verbinding nie – sal gou uitvind of dit al deurgekom het per selfoon.

  2. Piet says:

    Kyk na die naam van die o/16 speler van die wedstryd tussen HTS Rustenburg en Brits sy naam is Durand en nie Dewald nie dankie

    1. blaar says:

      Dankie, dit is reggestel.

  3. DOEP says:

    ‘N PRAGTIGE TOERNOOI DEUR DIE JARE.GELD EN WINSBEJAG HET HIERDIE JAAR EGTER FINAAL OORGENEEM TEN KOSTE VAN ONS KINDERS.90 SPANNE IS INGEFORSEER DEUR MAG EN MENING OM SOVEEL GELD AS MOONTLIK TE IN. KOSPAKKIES/VLEISPAKKIES WAT UITGEDEEL WORD AAN SPELERS, GRENS AAN DIEFSTAL EN DIE BIETJIE VLEIS DAARIN KAN NIE EERS’N MUIS VOED NIE.EK VERSTAAN DIE PAKKIE WAT ‘N POSSEEL VIR ‘N STEAKIE EN ‘N WORSIE BEVAT, HET R25-00 GEKOS (VOORSIEN DEUR DIE SG. BORG).IEMAND LAG AL DIE PAD BANK TOE!!!ETEKAARTJIES VIR MIDDAG ETES GEE AAN DIE SPELERS WEEREENS DIE KANS OM HOMSELF WAN TE VOED.WAT ‘N ABSOLUTE SKANDE!!!!DIE LAASTE AAND WORD SKOLE “VERGOED” DEUR ‘N EKSTRA POSSEEL STEAKIE SAAM MET ELKE MIKRO BRAAIPAKKIE UIT TE DEEL.TEN EINDE SPELERS BEHOORLIK TE VOED MOES SKOLE DERDUISENDE RANDE EKSTRA SPANDEER OM EKSTRA VOEDSEL AAN TE KOOP. WAT ‘N ABSOLUTE SKANDE!!!!! AFSKRIFTE HIERVAN WORD AAN ALLE HOOFKOERANTE GESTUUR VIR PUBLIKASIE.

    1. blaar says:

      Die klag word na die Organiseerders verwys om te hanteer.

  4. @hansieweek is this 1st XV teams?

    1. blaar says:

      1st XV, as well as u/14, u/15, u/16 and 2nd teams as indicated in the column.

  5. @hansieweek is this 1st XV teams?

  6. Ernst says:

    Ek stem saam Doep! Om nie eens te praat van die besoekende en gasheer skool se dissipline op en van die veld af! En dan nie eens te praat van die skeidsregters se on-konsekwente blasery nie!!!

  7. Johann Boshoff says:

    Goeiedag

    Ek is ‘n HTS John Vorster en ‘n Oos-Moot ouer. Dit was my 5e Hansie week wat ek bygewoon het.

    Baie geluk met die 20 ste bestaansjaar van die Hansie week en ook dankie weereens vir puik georganiseerde toernooi.

    Soos enige groot geleentheid is niks altyd volmaak nie. Ek het persoonlik na die wedstryd van Hoërskool Alberton en Hoërskool Hans Strijdom gekyk. Dit is jammer dat ‘n individu van Hoërskool Hans Strijdom ’n onsmaaklikheid veroorsaak het. Uit ervaring weet ek daar was nog altyd hoë standaarde en streng dissipline by die Hansie week gehandhaaf. My persoonlike mening is dat dit is onregverdig om Hoërskool Hans Strijdom en die Hansie week organiseerders te blameer vir die insident. Dit is egter jammer dat die skool so traag was om eers na die finale wedstryd van die dag met die skeidsregter mnr. Chris de Beer in gesprek te tree. As daar onmiddellik gesprekvoering met die skeidsregter was, kon die situasie in groot mate ontlont gewees het.

    Een ding wat wel uitgestaan het en frustrasies veroorsaak by spelers sowel as toeskouers was die skeidsregters baie streng opgetree het. Die wedstryde oor die algemeen kon nie lekker vloei nie en is doodgeblaas en groot getal strafskoppe is toegeken. Die een wedstryd wat ek bygewoon het, was die strafskop telling 29-3 terwyl daar slegs 9 skrums en 11 lynstane was. Daar is enkele skeidsregters wat baie streng en amper aggressief was het soms oorgereageer deur op te tree teen toeskouers en afrigters wat soms ’n onskuldige opmerking gemaak het langs die kantlyn. Dit was vir my persoonlik baie on-professioneel van die skeidsregters.

  8. Johann Boshoff says:

    Graag sal ek ook wil sien dat al die uitslae van die toernooi op julle webwerf gepubliseer word.

  9. Johann, baie dankie vir jou opmerkings oor die toernooi. Ons probeer soos jy se jaarliks ‘n toernooi met goeie dissipline en ‘n baie hoe standaard aan te bied. As organiseerders van hierdie toernooi het ons jaarliks met soveel veranderlikes te make dat dit feitlik onmoontlik is om elke situasie te voorsien en te bestuur. Ons leer elke jaar na 20 jr steeds baie.

    Graag wil ek op die artikel in die Beeld reageer. Dit is nie heeltemal waar dat die organiseerders en Hoof nie Mnr. de Beer, die skeidsregter, bygestaan het nie. Kort nadat die insident plaas gevind het was ek saam met hom,Mnr de Beer, en ander skeidsregters in die skeidsregterkamer gewees. Ek het die verslag by die skeidsregters gekry rondom die insident en gesien dat die seun wat hulle aangekla het die verkeerde persoon was. Ek het vir hulle die regte seun se naam gegee. Ons Hoof Mnr Klopper het kort na die insident met Mnr. Gerhard Roodt in aanraking gekom en sy afkeur van die insident te kenne gegee.

    Daar was ook verkeerdelik genoem dat dieselfde seun ook ‘n rooikaart tydens die wedstryd gekry het wat wel nie geval was nie.

    Die rede waarom ons eers later die dissiplinere verhoor gehou het was omrede beide die afrigters van die seun betrokke was by die 2de span se wedstryd teen Ben Vorster.

    Ons as skool keur hierdie gedrag te sterkste af en ons hoop dat hierdie insident nie weer by enige ander wedstryd sal plaasvind nie.

  10. Johann,

    Jy kan al die uitslae kry bo aan die blad by wedstryde 4 April 2012. Die ander dae se uitslae is ook onder dieselfde gedeeltes beskikbaar

  11. Johann Boshoff says:

    Geagte Rudolf

    In die lig van die feite wat jy uiteengesit het vrae ek dan om verskoning dat ek gereageer het op onakkurate inligting wat oral in die media verkondig is. Ek hoop dat die skool ook ‘n spreekbeurt sal kry om sy kant van die saak te stel.

    Insake my kommentaar hier bo oor die skeidsregters hoop ek dat die Hansie organiseerders en die BBRV ernstig sal besin oor die pad vorentoe. Dit amperse aggressie en onsensitiwiteit teenoor die toeskouers was soms regtig nie aangenaam nie. By een wedstryd waar ek was het ’n ouer die lynregter gekorrigeer omdat hy sy hand uitgesteek het vir die een span terwyl die ander span die bal wou ingooi sonder dat die lynregter dit agtergekom het verkeerde span is besig om in te gooi. Die skeidsregter het toe die spel gestaak en die ouer berispe om nie in te meng met die spel nie. Ons almal verstaan dat skeidsregters ’n ongelooflike verantwoordelike taak het en dat hulle met valk oë dopgehou word en dat dit nodig is om streng op te tree om in beheer bly van die spel. Maar met hulle rigiedheid en soms ampers onprofessionele gedrag is hulle besig om die teenoorgestelde reaksie te kweek van frustrasies en soms woede by spelers sowel as toeskouers.

  12. Johann,

    Baie dankie vir jou terugvoer. Die skool het sy ondersoek afgehandel aangaande die onsmaaklike insident op die A veld waar die speler van Hans Strijdom betrokke was. Ons gaan geen ander keuse he as om dringend met die Blou Bul skeidsregtersvereniging te kontak nie. Daar het onsmaaklikhede plaasgevind tydens die wedstryd wat aangespreek moet word. Die skool berei tans ‘n persverklaring voor, ons is nie heeltemal oortuig of ons dit moet vrystel of nie. Ons word gelei deur verskeie wyser persone as ek in ons gemeenskap. Ons gaan nooit weer die verkeerde inligting wat Beeld die hele wereld ingestuur het kan regstel nie. Glo ons Hemelse Vader sal ons as skool in hierdie situasie lei en bestuur.

Comments are closed.